Privaatheidskennisgewing (POPIA)
Nie regsadvies nie. Lees dit voor jy dit gebruik.
Wie ons is
Slimwerk is die verantwoordelike party vir jou persoonlike inligting. Skryf aan hallo@slimwerk.app vir enige navraag.
Wat ons insamel
Net jou e-posadres en die besonderhede van jou bestelling (pak, bedrag, datum en PayFast-betalingsnommer). Ons sien nie jou kaartbesonderhede nie; PayFast hanteer die betaling.
Hoekom
Om jou betaling te bevestig, jou aflaailink te stuur en jou by te staan as iets skeefloop. Ons gebruik jou e-pos nie vir bemarking sonder jou toestemming nie.
Met wie ons dit deel
PayFast (betaling), Google Firebase (berging van bestellings) en ons e-posdiens. Ons verkoop nie jou inligting nie.
Hoe lank
Bestellings word vir die tydperk bewaar wat die wet vir finansiële rekords vereis, daarna uitgevee.
Jou regte
Jy mag vra om jou inligting in te sien, reg te stel of uit te vee. Jy mag ook 'n klag by die Inligtingsreguleerder indien (inforegulator.org.za).