Terme

Nie regsadvies nie. Lees dit voor jy dit gebruik.

Wat jy koop

'n Eenmalige digitale pak opdragte en konsepdokumente vir R149. Daar is geen intekening nie.

Nie regsadvies nie

Alles in 'n pak is 'n konsep of sjabloon. Dit is nie regsadvies nie. Lees dit deur en raadpleeg 'n prokureur waar dit saak maak.

Aflaai

Ná PayFast die betaling bevestig, stuur ons 'n aflaailink na die e-posadres wat jy gegee het. Kyk jou gemorspos as dit nie opdaag nie.

Terugbetaling

Digitale produkte word dadelik gelewer. As die lêer nie werk nie of jy nie die link kry nie, skryf ons en ons maak dit reg of betaal jou terug. Jou wetlike regte onder die Verbruikersbeskermingswet bly staan.

Gebruik

Jy mag die pak vir jou eie besigheid gebruik. Moenie die lêer self verkoop of versprei nie.

Reg

Hierdie terme word deur die Suid-Afrikaanse reg beheer.